vlag van Republiek van Suid-Afrika     vlag van Republiek van Namibië

Van harte welkom op die webwerf van GoLaos.nl! Met hierdie webtuiste wil ons graag alle reisgenote voorsien van inligting omtrent dié asemrowende land.

Laos is by uitstek 'n land wat verras en bekoor. 'n Reis deur die pragtige land kan ongetwyfeld in 'n geweldige avontuur ontaard. Kortom, dit is beslis 'n land wat vir altyd op jou netvlies ingebrand sal wees.

Hierdie webwerf is geskep om die reisiger te verlei om meer van Laos te ontdek. Besoek Laos, Go Laos is dan ook ons wenk!

Ons het probeer om die uitleg maklik en gebruiksvriendelik te hou, maar dit steeds aantreklik te maak in die hoop dat jy dit van groot waarde sal vind. Met ons kennis en die hulp van ons kontakte, sal ons ook ons uiterste bes doen om die webtuiste aktueel te hou. Die moontlikhede vir 'n asemrowende vakansie in dié Suidoos-Asië geleë land, is eindeloos. Ons stel jou onder andere voor aan Luang Prabang, die hoofstand Vientiane, Vang Vieng, 'n historiese en kulturele toer van Laos in Vieng Xa en die Vierduisend Eilanden (Si Pan Don), sowel as togte na afgeleë dorpen en bergstamme in die omgewing van Luang Nam Tha of Vieng Phouka.

Die gul gasvryheid van die mense, asemrowende skoonheid van die omgewing en groot verskeidenheid buitelug avonture sorg dan ook vir 'n magdom van wonderlike ervarings. Soos bevoorbeeld die hoë berge, pragtige grotte, diverse etniese groepe, watervalle, bosse met 'n diversiteit aan fauna en flora en natuurlik interessante klein dorpies en gemeenskappe aan die Mekong river die Laotiaanse lewensaar.

Kom loer gerus gereeld in en help ons om die webwerf te verbeter deur positiewe terugvoer na ons e-pos adres te stuur:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

GoLaos.nl